NASA bekyk hoe Mars verlig word tydens son-storm

Behalwe vir die mooi auroras, het die onlangse son-storm meer besonderhede verskaf oor hoeveel straling toekomstige ruimtevaarders op die rooi planeet Mars kan teëkom.

Mars-wetenskaplikes het epiese sonstorms verwag vandat die Son vroeër vanjaar ‘n tydperk van piek-aktiwiteit betree het wat sonmaksimum genoem word. Oor die afgelope maand het NASA se Mars-rovers en wentelbaan-tuie ons voorsien met voorste sitplekke in die skouspel van ‘n reeks sonvlamme en koronale massa-uitwerpings van ons Son wat Mars bereik het en in sommige gevalle, wat selfs Mars-auroras veroorsaak het.

Hierdie wetenskaplike bonanza van kennis het ‘n ongekende geleentheid gebied om te bestudeer hoe sulke gebeure in die diep ruimte afspeel, asook hoeveel blootstelling aan straling die eerste ruimtevaarders op Mars kan teëkom.

Die grootste gebeurtenis het op 20 Mei 2024 plaasgevind met ‘n sonvlam wat die sterkste van verskeie tipes was gebaseer op data van die Solar Orbiter-ruimtetuig, ‘n gesamentlike sending tussen ESA (European Space Agency) en NASA. Die opvlam het X-strale en gammastrale na die Rooi Planeet uitgestuur, terwyl ‘n daaropvolgende koronale massa-uitwerping gelaaide deeltjies gelanseer het. Dit het beweeg teen die spoed van lig, met die X-strale en gammastrale van die opvlamming wat eerste aangekom het, terwyl die gelaaide deeltjies effens later Mars binnegedring het.

Die pers kleur in hierdie video wys auroras aan die nagkant van Mars, soos opgespoor deur die ultraviolet-instrumente aan boord van NASA se MAVEN wentelbaan-tuig tussen 14 en 20 Mei 2024. Hoe helderder die pers, hoe meer auroras was teenwoordig. Krediet: NASA/Universiteit van Colorado/LASP

Curiosity sien strepe en spikkels tydens die 2024 sonstorm. NASA se Curiosity Mars-rover het swart-en-wit strepe en spikkels met een van sy navigasie-kameras vasgevang net toe deeltjies van ‘n sonstorm op die Mars-oppervlak aangekom het. Hierdie visuele artefakte word veroorsaak deur energieke deeltjies wat die kamera tref. Krediet: NASA/JPL-Caltech