Naretu bevestig hul protesoptog môre
Die Namibian Revolutionary Transport Union se sekretaris-generaal het aan bevestig werkers van vervoermaatskappye gaan môreoggend ‘n protesoptog in die hoofstad hou. Die omstrede vervoervakbond kom môreoggend om agt-uur byeen onder die brug by die Van Eck-kragstasie vir hul protesoptog. Hulle noem verskeie vervoermaatskappye wat hulle teiken in ‘n plasing op hul Facebook-blad, onder meer MGC Transport, Coleman Transport, en Snyman Transport, asook Freshmark. Die sekretaris-generaal van Naretu, Petersen Kambinda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.