Napha stig Skool vir Bewaring

Ná die afsterwe van Volker Grellmann, het die Eagle Rock-jagskool sy laaste jagkursus in 2020 aangebied. Vanjaar het die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, oftewel Napha, se uitvoerende komitee besluit om sy eie jagskool te begin om professionele jagters in Namibië met die hoogste standaarde op te lei. Die Napha Skool van Bewaring is intussen gestig en sal vanjaar twee kursusse vir jaggidse en professionele jagters in samewerking met die omgewingsministerie aanbied. Nicole Schwandt van Napha gesels met Kosmos 94.1 Nuus.