Nanso sê tekort aan onderwysers is landswyd

Die Namibiese studente-organisasie, Nanso, het gereageer op die land se reuse-tekort aan onderwysers, skole en klaskamers . Volgens die 15de Skooldag-verslag van die Verenigde Nasies se Kinderfonds, Unicef, het die land ‘n totaal van 31 421 onderwysers vir 839 579 leerders, wat een onderwyser vir elke 26 leerders is. Die Ohangwena-streek het een onderwyser per 27 leerders. In die streek is 4 311 onderwysers vir 117 293 leerders. Dorothea Nangolo, die woordvoerder van Nanso, sê dit is ‘n groot bekommernis, nie net in Ohangwena nie, maar landswyd.