Nandi-Ndaitwah is druk besig met haar Swapo-veldtog

Die Swapo-party se vise-president en presidentskandidaat vir die 2024-verkiesing, Netumbo Nandi-Ndaitwah het ‘n beroep op partylede en -leiers vir eenheid gedoen. Swapo het die afgelope jare ‘n daling in gewildheid en steun gesien en dit is onder meer veroorsaak deur die verdeeldheid binne die party. Sy het by ‘n party-veldtog in Eenhana beklemtoon dat die Swapo-kongres verby is en vir eenheid en ondersteuning gevra. Sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, Ephraim Nekongo, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid van die presidentskandidaat se boodskap.