Rowers is meer gewaagd, rooftogte meer algemeen

Rooftogte raak al hoe meer algemeen en rowers, al hoe meer gewaagd. Vier gewapende mans het gaste by ‘n gastehuis in Klein Windhoek gyselaar gehou en hulle beroof van goedere ter waarde van 25 400 Namibiese dollar. Van die goedere is teruggevind maar die rowers is steeds soek. Twee huisbrake is in Katutura aangemeld, met een wat by Elisenheim plaasgevind het. Gereedskap ter waarde van 20 000 dollar is gesteel en in Donkerhoek is daar by ‘n huis ingebreek en twee selfone, ter waarde van net meer as 10 000 dollar gevat. En boere loop steeds deur. Op Dordabis by plaas Bloukrans is ‘n waterpomp ter waarde van 30 000 dollar gesteel. Die ondersoek duur voort.