NamWater werk hard om skuld in te vorder

NamWater is tans besig met skuldinvordering. Dit het aan die lig gekom dat die maatskappy ongeveer ‘n miljard Namibiese dollar geskuld word as gevolg van die die opdrag van die regering in Maart 2020 dat water aan alle inwoners moet verskaf word, ongeag of hulle kan betaal of nie. NamWater eis nou dat die regering bydra tot die betaling van die skuld. NamWater se skakelbeampte, Johannes Shigwedha het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.