NamWater se pensioenfonds slaan ook vure dood oor FIMA

Nadat die Staatsinstellings-pensioenfonds, GIPF, ‘n ‘n beroep op sy lede gedoen het om nie paniekerig te raak oor die omstrede FIMA-wetgewing nie, het NamWater se pensioenfonds ook ‘n mediaverklaring oor dié kwessie uitgereik. Veral die bepaling dat net 25 persent van ‘n pensioenfonds voor 55 jaar uitbetaal mag word, lok wyd reaksie uit. GIPF het vroeër gesê hulle is bewus dat die Namibiese finansiële oorsig-owerheid, Namfisa, besig is met konsultasies met belanghebbendes. NamWater se fonds sê hulle het ook aan die konsultasieproses deelgeneem, maar dit is onwaar dat FIMA deur hulle ondersteun, goedgekeur of aanbeveel word. Verskeie pensioenfondse beklemtoon FIMA is nog nie goedgekeur en nie voor 1 Oktober van krag nie.