NamWater sê hy konsulteer met plaaslike owerhede vir beter bestuur

Die uitdagings van plaaslike owerhede om hulle NamWater skuld te betaal is steeds in die nuus. Behalwe vir die feit dat daar talle is wat reeds ‘n groot skuldlas gehad het, is dorpsrade regoor die land in Maart verlede jaar opdrag gegee om water aan alle inwoners te voorsien, ongeag die stand van hulle rekenings. NamWater eis nou betaling wat onmoontlik is vir meeste. Die hoof uitvoerende beampte van NamWater Abraham Nehemia het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle konsulteer tans met owerhede om waterbronne en stelsels beter te bestuur. Hy verduidelik.