NamWater reageer op beroep om skuld af te skryf

Die uitvoerende hoof van NamWater, Abraham Nehemia het gereageer op ‘n beroep die Landless People’s Movement dat die amper 1,4 miljard Namibiese dollar wat plaaslike owerhede aan NamWater skuld, afgeskryf moet word. Beide die party se adjunk-leier Henny Seibeb, en hul parlementslid Diederik Vries sê dit is noodsaaklik. Nehemia sê uitstaande skuld is ‘n kwessie van finansiële bestuur en skuld kan nie net willekeurig afgeskryf word nie.