NamWater-hoof gesels oor Omaruru-water en die stand van die damme

Water-uitdagings sal namate die tyd verloop, regoor die land vererger maar, op Omaruru, maak inwoners staat op die vlakke van die Omaruru-rivier. Daarom is dit uiters belangrik dat die rivier gedurende die reënseisoen vloei, wat nie vanjaar plaasgevind het nie. Die watertafel is gevolglik, baie laag. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van NamWater, Abraham Nehemia gesels. Hy voer aan dat hulle bewus is van die uitdaging, maar daar is gebeurlikheidsplanne.

Nehemia sê die situasie rakende die land se damme word ook gemonitor en samesprekings word reeds met die regering gehou. Die damvlakke is baie laer vergeleke met dieselfde periode verlede jaar.