NamRA vier belastingbetalers met toekennings

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sê dat hy volgende maand ‘n prysuitdeling sal aanbied om erkenning te gee aan belastingbetalers en handelaars in verskeie kategorieë. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, sê die geleentheid, wat op 7 April gehou word, val saam met NamRA se eerste herdenking en sal na verwagting vrywillige nakoming bevorder en belastingmoraal verbeter. Die doel is om belastingbetalers te vier wat hul verpligtinge nakom. Wat belastingbetalers betref, sal die toekennings gebaseer wees op voldoening vir die tydperk van 1 Januarie tot 31 Desember verlede jaar, terwyl vir maatskappye en beslote korporasies die finansiële jaareinde enige maand van Januarie tot Desember verlede sal insluit.