NamRA verskerp toesig by grense met talle onderverklarings

NamRA het sy diep kommer uitgespreek oor die wanvoorstelling in transito-goedere veral met waarde-bepalings, wat somtyds tot op belaglike vlakke onderwaardeer word. Die agentskap sê hy het onlangs ‘n operasie by die Windhoek-Okahandja-padblokkade gehou waar hy op ‘n Range Rover Sport, gewaardeer op 1 000 euro, ‘n Mercedes-Benz vragmotor met ‘n waarde van 3 750 euro, ‘n Iveco voertuig ter waarde van 2 500 euro, en 56 bale tweedehandse klere wat op 100 euro gewaardeer is, afgekom het. Die goedere is geskut en boetes is gehef op die klaringsagente. Senior kommunikasie beampte by NamRA, Absalom Absalom waarsku invoerders en die publiek dat toesig by grense versterk is.