Estrogeen: Geen rede tot kommer met Windhoek se water nie

Stad Windhoek het gereageer op plasings op sosiale media dat die vlakke van estrogeen in Windhoek se water lei tot die vervrouliking van mans. Die stad sê hy word reeds dekades erken as ‘n wêreldleier in waterherwinning en sy herwinde water bevat na drie fases van versuiwering, 6 pikogram oestradiol per milliliter. ‘n Pikogram is ‘n triljoenste van ‘n gram. Volgens die stad, handhaaf sy water die standaarde van die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die stad sê verder dat estrogeen geen impak op seksuele oriëntasie of gedrag het nie.