NamRA vergader met Chinese sakelui oor belasting

Die Namibiese inkomste-agentskap, NamRA, het konsultasies met die Chinese Algemene Kamer van Handel en Nywerheid in Namibië gehou. Die vergadering, wat op Oshakati gehou is, het aspekte van belastingnakoming en kwessies rakende doeane en aksyns onder die loep geneem. Volgens NamRA poog die kamer om ‘n platform te skep vir opvoeding oor belasting onder die Chinese sakegemeenskap en wil meer gereeld met NamRA in die verband ontmoet. Kommissaris Sam Shivute het die voorstel verwelkom en sê dat nakoming van belasting wetgewing krities is om die ontwikkelingsdoelwitte van die land te bereik. Hy het Chinese sakelui aangeraai om betroubare boekhouers te gebruik en volledige rekords van sake te hou.