NamRA toegewyd daaraan om dwelms uit te hou

‘n 51-jarige Namibiese man het in die Karasburg-landdroshof verskyn nadat Mandrax-tablette ter waarde van net meer as 1,9 miljoen Namibiese dollar deur doeane-beamptes in sy vragmotor gekry is. Hy is by die Ariamsvlei grenspos in hegtenis geneem. Die saak is uitgestel tot 16 Mei. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tonateni Shidhudhu, die woordvoerder van die Namibiese Inkomste-agentskap, wat NamRA se onwrikbare verbintenis om te verseker dat onwettige produkte die land binnekom, beklemtoon.