NamRA se nuwe regulasies oor ingevoerde voertuie, teruggetrek

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, het vroeër vandag nuwe wetgewing daargestel wat bepaal dat enige voertuig wat in ‘n buuland gekoop word, nie in transito- of vir invoer-doeleindes bestuur mag word nie. Maar, dit blyk of die wetgewing eers teruggetrek sal word. Tonateni Shidhudhu, woordvoerder by NamRA het die nuwe reëling vroeër so verwoord.

Kort na wydlopende kritiek het Shidhudhu gesê dat die bepaling eers teruggetrek word maar wou nie kommentaar lewer nie.