NamRA se amnestie is steeds geldig

Agterstallige Namibiese belastingbetalers kan steeds voordeel trek uit die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se amnestie nadat die Gewysigde Elektroniese Belastingverligtingsprogram verleng is. Indien die uitstaande belasting tussen die begin van Junie en die einde van November betaal word, sal 70 persent van die opgelope rente afgeskryf word en alle boetes sal kwytgeskeld word. Indien die uitstaande belasting tussen 1 Desember 2022 en 31 Mei 2023 betaal word, sal 60 persent van die rente afgeskryf word, asook alle boetes. Belastingbetalers moet op die aanlyn Itas-stelsel registreer. Steven Ndorokaze, hoofbeampte vir strategiese kommunikasie by NamRA, sê hulle kry baie navrae in die verband.