NamRA Saterdag aflyn

Die Namibiese Inkomste Agentskap, NamRA, maan die publiek dat hul netwerk Saterdag nie aanlyn gaan wees nie. Die netwerk sal Saterdag vanaf sewe-uur die oggend tot die middag drie-uur aflyn wees. NamRA se Geïntegreerde Belastingadministrasie-stelsel, ITAS, en Geoutimatiseerde Stelselels vir Doeane-data sal nie beskikbaar wees nie. NamRA sê hul bedrywe by grensposte sal nie geraak word nie, want beamptes sal hulp daar verleen.