Meineed-verhoor van Bathabile Dlamini duur môre voort

Die meineed-verhoor van die gewese Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, sal môre in die streekshof in Johannesburg hervat nadat dit vanoggend kortgeknip is. Dlamini het onskuldig gepleit en aangevoer indien sy onder eed gelieg het, dit onwetend was. Sy het voor ‘n ondersoekkommissie getuig oor die maatskaplike-toelaag-skandaal in 2017. Die staat het vanoggend uitstel gevra omdat hulle nie genoeg geleentheid gehad het om met die eerste getuie te beraadslaag nie, en om vervoerreëlings te tref vir ‘n ander getuie.