NamRA ondersoek grenspos doeltreffendheid

NamRA se Nasionale Tegniese Werkgroep, in samewerking met die SAOG-sekretariaat, is tans besig met ‘n studie oor die tyd wat by die Trans Kalahari-grenspos bestee word om goedere oorgrens te bring. Dit is uiters belangrik om die proses so spoedig moontlik af te handel en NamRA wil weet waar die kwelpunte is. Steven Ndorokaze, woordvoerder by NamRA het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.