NamRa maak alles beter

Die nuwe wetgewing in verband met die Namibiese Inkomste-agentskap is gister van krag en dus is die nuwe Namibiese Inkomste-agentskap in plek. President Hage Geingob het vanoggend die owerheid geloods. Volgens die Kommissaris van die agentskap, Sam Shivute, sal hulle verskeie aspekte van dienslewering verbeter.