Kankervereniging kuier volgende week noord

Die Namibiese Kankervereniging sal volgende week met sy uitreikprogram die sentraal noorde gebied besoek. Dinge skop Maandag in Omaruru af, soos die Hoof Uitvoerende Beampte van die vereniging, Rolf Hansen verduidelik.