NamRA gee reaksie op werwingsproses

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA het sy reaksie gegee op die bewerings wat deur LPM-parlementslid Edison Isaacks in die Nasionale Vergadering gemaak is met betrekking tot NamRA se werwingsproses. Isaacks het opgemerk dat NamRA sekere etniese groepe doelbewus in sy werwing uitgesluit het, en bygevoeg dat voormalige werknemers van die inkomste-departement en die direktoraat van doeane en aksyns met kwalifikasies en ervaring weggelaat is omdat hulle spesifieke tale praat. Kosmos 94.1 Nuus het met Tonateni Shidhudhu, strategiese kommunikasiebestuurder gesels…