NamRA bied opleiding op Itas aan

Die Namibiese inkomste-agentskap, NamRA, bied opleiding in verband met die aanlyn Itas-belangstelsel aan enige werkgewer, boekhouer of werknemer wat uitdagings met die stelsel beleef. Opleiding sal op Katima Mulilo, Keetmanshoop, Oshakati, Otjiwarongo, Rundu, Walvisbaai en in Windhoek plaasvind, in aanloop tot die sperdatum van 30 Maart vanjaar. Die agentskap se woordvoerder Steven Ndorokaze, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.