NamPower vertoon uiters goed in 20/21

NamPower het sy syfers vir die 2020-2021 finansiële jaar bekend gemaak. Die maatskappy het winste van 1,2 miljard Namibiese dollar aangeteken, 277 persent meer as in die 2019-2020 boekjaar. Die syfer is behaal ten spyte daarvan dat kragopwekking met 24,1 persent gedurende die jaar gedaal het. NamPower sê hy het krag teen koste-effektiewe pryse aangekoop. NamPower word baie goed bestuur en betaal ook amper jaarliks dividende aan die regering. Daniel Motinga NamPower se voorsitter het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.