NamPower-tarief word nog oorweeg deur beheerraad

Die Elektrisiteitsbeheerraad sê hy oorweeg nog die 16,87 persent verhoging in kragtariewe wat deur NamPower ingedien is. Terwyl dit alombekend is dat die kragvoorsiener finansieel sukkel is daar kommer oor die reuse-syfer omdat plaaslike owerhede nog hulle verhoging ook moet bylas. Ferdinand Molale, woordvoerder by die raad sê hulle mandaat is na die verbruiker om te sien.

Hy verduidelik hoe die proses werk om ‘n tarief daar te stel.