NamPower-tarief – verbruiker sal daarvoor betaal
Ekonome het gereageer op die 7,3 persent verhoging wat die Elektrisiteitsbeheerraad vanoggend vir NamPower toegeken het. NamPower het amper 13 persent aangevra. Plaaslike owerhede kondig normaalweg hulle nuwe tariewe in Junie en Julie aan en volgens Salomo Hei van High Economic Intelligence, sal die verhoging deurgegee word aan verbruikers.