NamPower herstel Omburu-Khan-kraglyn 

NamPower sê die Omburu-Khan-kraglyn is herstel. Dit kom na die maatskappy gesê het ‘n geskatte 1,5 miljoen Namibiese dollar se skade is aangerig deur vermeende vandalisme toe die lyn verlede week Donderdag verbreek is. Toring 282 naby Omaruru het ineengestort. Die ondersteunende staafdrade is skynbaar verwyder wat tot die ineenstorting gelei het.