Handelstatistiek: Voorspellings lyk redelik sleg 

Die makelaarsfirma Simonis Storm sê die syfers vir Namibië se handelsbalans wek kommer. Alle aanduidings is dat die globale ekonomie verder sal inkrimp wat ook gesien word in die daling in die olieprys, weens kommer oor vraag. Namibië maak staat op sy uitvoere en met sukkelende wêreld-ekonomieë, sal daar ‘n negatiewe impak wees. Volgens die ontleding, toon die aankoopbestuurdersindeks van Namibië se hoof handelsvennote reeds ‘n daling, aangedryf deur ‘n daling in bestellings wat op sy beurt weer die aankoopbestuurdersindeks vir vervaardiging afdwing na die 50 toe, wat inkrimping meer waarskynlik maak.