NamPower gee SME’s ‘n kans met tender
Die Namibië Beleggingsbevordering en -ontwikkelingsraad en NamPower doen ‘n beroep op plaaslike mikro-, klein en medium ondernemings in die konstruksiesektor om potensiële samewerking te bevorder met internasionale maatskappye wat deelneem aan NamPower se mededingende bodgeleenthede. Belangstellende maatskappye word versoek om die opname op die webwerf van die raad in te vul. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, gesels wat op die tender gereageer het.