Namport wil Walvisbaai-waterfront uitbrei

Namport se uitvoerende hoof, Andrew Kanime, het aangekondig dat die besighede wat by die Walvisbaai-waterfront na ‘n ander gebied verskuif sal word om maritieme aktiwiteite beter te kombineer met ontspannings- en toerisme-aktiwiteite. Kanime sê korttermyn-huurkontrakte is aan onder meer toeroperateurs en restaurant-eienaars, toegestaan met die verstandhouding dat Namport beplan om in die toekoms ‘n behoorlike waterfront te vestig. Die gebied met tydelike houtstrukture is gewild onder plaaslike en internasionale toeriste. Hy sê Namport as grondeienaar is daartoe verbind om die ontwikkeling van ‘n waterfront by die huidige waterfront-gebied in te sluit, wat ná voltooiing Walvisbaai se grootste toeriste-aanloklikheid kan word.