NamPort, Namcor en Sonangol onderteken ooreenkoms

Namibiese Hawens-owerheid het ‘n ooreenkoms met die Angolese semi-staatsinstelling, Sonangol en die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, aangegaan. Sonangol, Namcor en Namport het ‘n memorandum van verstandhouding onderteken vir die ontwikkeling van ‘n geïntegreerde logistieke basis om die olie- en gasbedryf in Namibië te ondersteun. Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho sê aan Kosmos 94.1 Nuus die projek is van strategiese belang.