Nampol waarsku oor slenter met vrylating van gevangenes

Die Namibiese polisie waarsku Namibiërs oor ‘n nuwe bedrogspul wat in die omloop is. Dit het onder die aandag van die Nampol gekom dat daar ‘n bedrogspul met elektroniese betalings vir die vrylating van mense in polisie-aanhouding is. Die nasionale woordvoerder van Nampol, adjudant-kommissaris Kauna Shikwambi, sê verdagtes van dié swendelary beweer dat hulle polisie-beamptes is wat vir elektroniese betalings van familielede van sogenaamde aangehoudenes vra vir hul vrylating uit polisie-aanhouding.