Nampol waarsku oor registrasiefooie

Registrasiefooie sal van vroeg volgende week by skole in kontant betaal word en daar is groot kommer oor moontlike rooftogte. Onderwysowerhede word daaraan herinner dat hulle so min as moontlik kontant op skoolpersele moet hou en verder, dat hulle nie die fondse op dieselfde tyd daagliks by banke inbetaal nie. Die woordvoerder van Nampol, hoofinspekteur Elifas Kuwinga verduidelik.