Nampol vind wegkom-motor van transito-rooftog

Die Namibiese polisie het terugvoering gegee oor ‘n transito-rooftog wat vanoggend net agter die Wernhil-inkopiesentrum in die hoofstad plaasgevind het. Dit is nog onduidelik hoeveel kontant gebuit is. Die gewapende rowers is ook nog op vrye voet, maar die wegkom-voertuig is gevind. Nampol se adjudant-offisier Silas Shipandeni deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…