Nampol sê oor drankverkope, voertuie

Na media berigte dat drankwinkels wel op Kersdag en meer oop kan wees sê die Namibiese polisie dat alkohol alleenlik verkoop mag word ingevolge die bepalings van die betrokke lisensie. Dit beteken dat kleinhandelaars nie alkohol sal kan verkoop nie maar restaurante en kroeë wat lisensies het wat dit toelaat, wel sal kan. Inspekteur Raimbert Muronga van Nampol verduidelik.

Hy voeg by dat voertuig-eienaars moet verseker dat hulle voertuie padwaardig is omdat beamptes bemagtig is om enige voertuig te skud en die eienaar te dwing om die voertuig na ‘n toetssentrum toe te neem.