Nampol sê misdaad neem toe

Misdaad in Namibië neem toe weens die hoë lewenskoste en gebrek aan werksgeleenthede wat sommige Namibiërs noop om hulle tot misdaad te wend. Die Namibiese polisie se adjudant-offisier Silas Shipandeni sê Namibiërs moet te alle tye versigtig wees, aangesien misdaad aan die toeneem is, al probeer Nampol hul bes om misdaad hok te slaan. Shipandeni gesels met Kosmos 94.1 Nuus.