Nampol se lys vir kadetkonstabels môre bekend

Die Namibiese polisie sê die werwing van sowat 1 000 kadetkonstabels, waarvan 250 vir die Nasionale Jeugdiens, is in ‘n gevorderde stadium. Nampol het aankondig hy sal die lys van suksesvolle aansoekers môre bekend maak. Die rekrute moet aan talle vereistes voldoen en moet verskeie geskrewe en mediese toetse moet ondergaan. Hulle moet onder meer oor ‘n graad 11- of 12-sertifikaat beskik, geen kriminele rekord hê nie en sal bereid moet wees om in verafgeleë gebiede gestasioneer te word. Salarisse wissel tussen 6 200 en 9 000 Namibiese dollar, afhangende van hul kwalifikasies.