Nampol se hoof van honde-eenheid sterf aan Covid

Die bevelvoerder van die Namibiese polisie se honde-eenheid en ‘n bekende in veerpyltjiekringe, inspekteur Christo Titus, het ook weens Covid-19 gesterf. Sy sterfte is deur die woordvoerder van die Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi bevestig. Hy het groot lof ontvang vir sy liefde vir diere en hoeveel misdadigers met opgeleide polisiehonde vasgetrek is.