Nampol-salarisse: Verhoging kan help om korrupsie te bekamp

Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing is van mening dat as die regering lae besoldigde Namibiese polisiebeamptes ‘n verhoging gee, dit ‘n afname in korrupsie onder polisiebeamptes tot gevolg sal hê. Polisiebeamptes is soms self betrokke by kriminele of korrupte aktiwiteite. Die Namibiese minister van veiligheid en sekuriteit, dr. Albert Kawana, en Nampol se hoof, inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga, het gesê ‘n voorstel vir salaris-aanpassings vir konstabels tot hoofinspekteurs is aan die regering voorgelê. Al sal dit nie korrupsie stop nie, sal dit ten minste die kanse op korrupsie verminder, sê Hopwood.