Nampol ontken gebruik van Angola-brandstof
Goedkoop brandstof word uit Angola die land ingesmokkel waar desperate Namibiërs dit op die swartmark koop, te midde van hoë petrolpryse. Dit beroof die regering van inkomste want geen belasting of heffings word daarop betaal nie. Daar word verder beweer dat regsdienaars brandstof waarop die polisie beslag gelê het gebruik om amptelike polisie-voertuie mee vol te maak. Kosmos 94.1 Nuus het met Nampol se Oshana streeksbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, gesels oor wat met gekonfiskeerde brandstof gebeur.