Nampol ondersoek (weer) ‘n babastorting
Die Khomas-polisie bevestig dat daar tans ondersoek ingestel word na ‘n babastorting wat vermoedelik reeds Vrydag in Havana plaasgevind is. Die baba, wat volgens berigte heeltemal gevorm is, is Sondag in die informele nedersetting in ‘n asdrom gevind. Die polisie het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle op die oomblik ‘n moontlike verdagte ondervra in die verband en het onderneem om meer inligting bekend te maak namate dit bekom word. Babastortings word ‘n algemene verskynsel in die land en wek uiters groot kommer met sommige sektore wat meen aborsie moet gewettig word om die neiging te stuit.