Nampol ondersoek steeds moorde van Avihe Cheryl Ujaha en Magdalena Stoffels

Sondag was vier jaar sedert die grusame ontdekking van die nege-jarige Avihe Cheryl Ujaha se weggooide liggaamsdele. Haar verminkte liggaam is in die bosse in Khomasdal in die hoofstad gevind en van haar liggaamsdele word steeds vermis. Nog ’n onopgeloste moord is dié van ‘n oud-leerder van die Hoërskool David Bezuidenhout, die 19-jarige Magdalena Stoffels, wat 12 jaar gelede vermoor is. Stoffels is in ‘n Khomasdal-rivierbedding verkrag en vermoor terwyl sy teruggekeer het van die skool af. Die Namibiese polisie sê dat die ondersoeke na albei moorde steeds aan die gang is. Nampol versoek lede van die gemeenskap wat oor enige inligting beskik, om die naaste polisiestasie te kontak.