Ministerie van myne en energie reageer op PDM se brief oor olie-ontdekkings

Die Namibiese ministerie van myne en energie het gereageer op die ope brief van McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, wat sy kommer uitgespreek het oor die deursigtigheid van ooreenkomste oor die olie-ontdekkings. Die ministerie van myne en energie het in ‘n mediaverklaring beklemtoon dat alhoewel hulle verheug is oor die olie-ontdekkings wat gemaak is, is die totale herwinbare reserwe-volumes nog nie in hierdie stadium vasgestel nie. Daar is wyd berig dat ‘n geraamde 11 miljard vate in oliereserwes langs Namibië se kuslyn gevind is, wat die ministerie ontken. Die ministerie verseker ook die hulpbronne volhoubaar ontwikkel sal word tot die ekonomiese voordeel van alle Namibiërs.