Nampol moet sy gewelddadige aanslag laat vaar
Die ACTION Namibia-koalisie het sy kommer uitgespreek oor wat hy beskryf as oormatige geweld in reaksie op die protes verlede week by China Town. Frederico Links, die koalisie se voorsitter, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.