Nampol moes lankal al gesê het ook skietdood van 5 op Okahandja

Na die Engelse dagblad, The Namibian die Namibiese polisie gekritiseer het omdat hy nog geen amptelike verslag uitgereik oor die skietdood van vyf vermeende rowers op Okahandja nie, het die nou bekende prokureur Kadhila Amoomo weer sy stem tot die kwessie bygevoeg. In sy mening is die polisie dit aan die publiek verskuldig om die volle omstandighede rondom die dood van die vyf bekend te maak. Dit sal beskuldigings en gerugte uitwis. Hy sê artikel 6 van die Namibiese Grondwet maak dit duidelik dat almal ‘n reg op lewe het en daarom is die doodstraf in Namibië afgeskaf. Dit is maklik om te redeneer dat die polisie ‘n goeie werk gedoen het, maar hoeveel keer het die polisie dit nie reggekry nie? In sy mening moet die samelewing uiters versigtig wees. Daar was ‘n jong man genaamd Junias Fillipus wat daarvan aangekla is dat hy Magdalena Stoffels vermoor het. Die hele nasie het uitgebars en gevra vir die doodstraf. Fillipus was uiteindelik onskuldig en daardie saak is nog nie opgelos nie. Daarom moet ons meedoënloos wees wanneer dit by menseregte kom.