Nampol maan teen vals berigte oor ontvoerings

Die Namibiese polisie het gesê voorlopige ondersoeke het bevind dat ‘n 13-jarige seun van Walvisbaai wat na bewering ontvoer is, eintlik van die huis af weggeloop het. Maatskaplike werkers en Nampol se geslagsgeweld-afdeling is besig met ‘n ondersoek om uit te vind waarom die seun weggeloop het. Die bevelvoerder van gemeenskapsake in die Erongostreek, hoofinspector Ileni Shapumba het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ontvoering is ‘n ernstige saak. Hy sê dit is normaal om paniekerig te raak, maar met voorvalle soos hierdie word die polisie se tyd en hulpbronne vermors.