Nampol-lede ook nie opgelei in geslagsgeweld nie, maar altyd gewillig

Reaksie word ontvang op berigte dat slegs 19 persent van lede van die Suid-Afrikaanse polisie opgelei is om sake van geslagsgeweld te hanteer. Plaaslik is daar ook uitdagings, nie net met onbevoegde polisielede nie maar ook ‘n tekort aan lede van die mag. Zack Itodo ‘n plaaslike geslagsaktivis sê die situasie in Namibië is min of meer dieselfde maar, dat die lede van die polisie wat wel daar is, altyd bereid is om bystand te leen.