Nampol het niks met Amushelelo se aanhouding te doen nie

Die polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo sê enige aantygings dat die volgehoue aanhouding van aktivis Michael Amushelelo as gevolg van die polisie is, is snert. Amushelelo is sedert 21 Maart in aanhouding na ‘n mislukte optog teen jeugwerkloosheid. Van die kommentaar meen dat Shikongo keer dat hy borg kry omdat Amushelelo baie uitgesproke was oor die omstandighede rondom Shikongo se motorongeluk in Desember verlede jaar. Terwyl Inna Hengari en Dimbulukeni Nauyoma, wat saam met Amushelelo in hegtenis geneem is in Maart, reeds borg bekom het en die saak teen Hengari is sedertdien ook teruggetrek, word Amushelelo borg geweier. Die hoofrede daarvoor is die tweemalige oortreding van borgvoorwaardes in soortgelyke sake, een in Windhoek en een aan die kus.